Tuesday 13 September 2011

Ontbytpasteie in 'n bord





















Hierdie oulike idee was in 'n onlangse Sarie en heel gepas vir die rugby oggende.  Dit kan die dag voor die tyd berei word en die oggend net gou gebak word.  Jy gaan defnitief die manne se held wees.

(3 PASTEIE)
  • 15 ml olyfolie
  • 250 g spek, in blokke gesny
  • 250 g wit sampioene, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 x 400 g-velle broskorsdeeg
  • 1 eier, geklits
  • 150 g cheddarkaas, gerasper
  • 6 hardgekookte eiers, gehalveer
  • 15 ml olyfolie
  • 300 g rosa-tamaties, gehalveer
Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in ’n pan. Braai spek tot byna bros en voeg sampioene by. Geur met sout en peper. Braai tot sampioene net sag is en dreineer alles op kombuispapier. Jy moet dit goed dreineer, want jy wil nie vloeistof in die vulsel hê nie. Gebruik emaljeborde met ’n deursnee van 22 cm
(die binneste deursnee van die bord is 17 cm). Rol die broskorsdeeg dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak – een vel deeg per pastei. Sny ’n sirkel wat groot genoeg is om die binneste deursnee van die bord uit te voer. Smeer die rand van die deeg met geklitste eier. Sprinkel kaas onderin en skep van die
spek en sampioene bo-op. Rangskik 4 eierhelftes boop. Sny nog ’n sirkel deeg uit dieselfde vel deeg en
plaas bo-op. Seël die rande goed. Smeer met geklitste eier bo-op. Sny vorms uit die afvaldeeg en versier bo-op. Ek het vorms uitgesny wat soos rugbyballe lyk. Bak in warm oond vir 35 – 40 minute tot deeg goudbruin en gaar is. Terwyl die pasteie bak, verhit die laaste olyfolie en braai die rosa-tamaties tot sag. Geur met sout en peper. Sit die pastei net so in die bord voor saam met die gebraaide tamaties.