Tuesday 13 September 2011

Biltong-en-cheddarkaas-quiche






















Nog iets vir die rugby manne terwyl hulle na die rugby kyk.

(4 – 6 PORSIES)
  • 1 x 400 g-vel broskorsdeeg
  • 100 g sterk cheddarkaas, grofgerasper
  • 160 g gesnyde beesbiltong
  • 2 eiers
  • 250 ml room
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 180 °C. Rol broskorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak dunner uit. Voer ’n gesmeerde tertbord van sowat 18 cm uit met deeg. Sprinkel kaas onderin tertbak en rangskik biltong bo-op. Klits eiers en room saam. Gooi oor kaas en biltong en geur met peper. Bak vir sowat 35 minute in warm oond. Die eiermengsel moet gestol wees. Jy kan die quiche warm of teen kamertemperatuur voorsit.

Wenk: Klam biltong werk die beste.  Probeer 'n gerookte biltong vir die gereg, mmmmm....

Die resep kom ook uit 'n onlangse Sarie