Tuesday 6 September 2011

Kombuistee / Kitchentea / Ooievaarspartytjie - Hier is 'n oulike idee.

Oulike idee vir 'n kombuistee: Hou 'n kombuistee-ontbyt. Hier is 'n paar oorspronklike idees veral om dit baie spesiaal te maak vir die toekomstige bruid.
Sit by elke gas se sitplek 'n potjie tuisgemaakte konfyt as geskenkie en dankie sê dat hul gekom het. Jy kan die konfyt resep aan die toekomstige bruid gee saam met haar potjie.  Onthou net om ‘n maklike resep te gebruik, want jy wil beslis nie die voornemende bruid laat weghardloop nie.  Elke gas kan vooraf gevra word om hul gunsteling en/of maklikste resep op ‘n mooi papier uit te skryf met hul naam daaronder.  Wanneer die kombuistee begin handig almal hul reseppies by die gasvrou in en die gasvrou bind dit gou saam in boekvorm.  (Maklike en oorspronklike manier is om ‘n plakboek vooraf gereed te hê waar jy dan die resepte net kan in plak.  Hou bladsye tussen-in oop.  Die bruid kan dan later fotos van die geleentheid op die oop bladsye plak.  Die gaste kan ook ietsie in die boek skryf op verskillende bladsye.  Meng en pas met ‘n paar goeie wenke wat die nuwe bruid beslis sal kan gebruik.)  Dit kan ‘n skatkis vir haar wees met goeie verwysing en raad van familie en vriende wie sy vertrou.