Tuesday 6 September 2011

Bome vir 'n tuin by die see: Kuskoraalboom

Die grote van jou tuin sal bepaal watter boom jy kan plant, maar hier is 'n idee wat jy kan oorweeg indien jy langs die kus bly.

Erythrina Caffra of die Kuskoraalboom is pragtig wanneer hy al sy blare afgegooi het en dan in die winter hierdie pragtige rooi-oranje blomme kry wat die hele boom oorneem tot in die lente.  Eers daarna vorm die blare aan die boom.  Hy is inheems aan Suid Afrika en het geen probleem met die wind en weersomstandighede langs ons geharde kuslyn nie.  Hy word nie verniet ook die “Coastal Coral Tree” genoem nie.