Monday 12 September 2011

GROENVYEKONFYT - EN NEUTETERT



Kors :
1 pakkie mariebeskuitjies.
3 eetl. gesmelte botter.
... 3 eetl. gekondenseerde melk.

Rol beskuitjies fyn, meng met ander bestanddele. Druk in tertbord
en plaas in yskas.

Vulsel :
1 blik Ideal melk.
2 eetl. koue water.
1 desert / gelatien.
1 eetl. kookwater.
1/2 kop. groen vyekonfyt.
3 eiers.
2/3 kop. suiker.
1/2 kop. neute.

Kook die melk vir 20 minute in dubbelkastrol. Week gelatien in koue
water en smelt met kookwater. Klits die eiergele saam met 1/3 kop.
suiker en voeg dit by die melk. Kook vir +- 3 minute terwyl gedurig
geroer word. Voeg die gelatien by. Voeg die gekapte neute en vye -
konfyt by. Laat afkoel en halfpad stol. Klits eierwitte saam met res
van suiker. Vou dit versigtig deur die gedeeltelik gestolde mengsel.
Giet in tertbord en plaas in yskas om te stol. Bedien met geklopte
room.