Monday 12 September 2011

EIERVRUG (BRINJAL) SOUTTERT



6 - 8 porsies
2 - 3 Eiervrug
1 groot ui, gekap
... 2 x 250 ml kartonnetjies suurroom
l pakkie sampioensop
1 rol Readydoe skilferkorspastei
Gerasperde cheddarkaas vir bo-op

Skil die eiervrug en sny in skywe.
Pak op skinkbord en sprinkel goed met sout
Laat staan vir ongeveer 30 minute
en was dan die skywe goed onder koue water
en droog met papierhanddoek
Sny skywe in blokkies en braai saam met die gekapte ui
Voer 'n groot oondskottel uit met kors en
smeer die eiervrug en uiemengsel bo-oor die kors.
Meng die suurroom met die sampioensop en
gooi bo-oor die eiervrugmengsel
Maak toe met gerasperde kaas
Bak teen 180ºC vir 30 minute