Monday 19 September 2011

Gesonde happies versteek agter 'n bietjie sjokolade

Hier is 'n oulike idee vir 'n tiener partytjie, kerspartytjie of sommer net vir die lekker.

Gesonde vrugte gedoop in 'n 'n dun lagie sjokolade maak die mooiste buffet borde vir enige partytjie.  Wie kan dit dan nou weerstaan?  Jy kan appel, kiwivrugte, aarbeie, amper enige vrug gebruik.  Sit hulle sommer so losweg op 'n partytjiebord of ryg hul in as sosaties.  Jou gaste sal dit beslis geniet. Rond die bord af met 'n paar takkies vars pepperment uit jou tuin.