Monday 12 September 2011

Gebakte oesters met ‘n komkommer-salsa

Gisteraand op  Nico Nel Kook en Vertel, maak hy 'n heerlike "Gebakte oesters met ‘n komkommer-salsa".
Kyk 'n rou oester kan ek net nie afkry nie, maar hierdie resep gaan ek defnitief probeer:
Bestanddele
• 24 vars Aquaculture Oesters
• Olie vir diepbraai

Bestanddele vir komkommer-salsa
• 200g gerasperde komkommer
• 150 ml Bulgaarse jogurt
• Growwe sout
• Gemaalde swartpeper
• 5 ml Dijon mosterd
• Knippie suiker
• Sous van so 3 of 4 oesters afangende van die grootte van die oesters
• 15 ml fyngekapte dil

Metode
Rasper eers die komkommer en plaas in ‘n siffie oor ‘n bak sodat die oortollige water van die komkommer kan dreineer. Druk op die gerasperde komkommer om van die laaste water ontslae te raak. Meng al die ander bestanddele goed saam met die komkommer en plaas eenkant.

Bestanddele vir beslag

• 125 ml koekmeel
• 1 eier (geskei)
• Growwe sout
• 15 ml olyfolie
• 125 ml witwyn

Metode
Meng koekmeel, eiergeel, sout, olyfolie en witwyn tot glad. Klop die eierwit styf en vou met ‘n metaallepel in die beslag.
Doop die oesters een-een in die beslag en diepbraai oor ‘n lae hitte tot goudbruin en krakerig.
Om te bedien, skep die komkommer-salsa in die oesterdoppe, plaas die gebraaide oester bo-op en bedien dadelik.