Monday 12 September 2011

Cocktail Frikkadelletjies

2 eiers
250 ml vars broodkrummels
1 ml peper
400 g gemaalde beesvleis
125 g gerasperde mozzarellakaas
125 ml water
5 ml sout
1 knoffelhuisie, gekap
100 g varkmaalvleis
olie vir diepbraai


Klits die eiers en water saam.  Voeg die krummels, sout, peper en knoffel by en meng dit goed.  Laat staan dit vir 5 minute. Voeg die vleis en kaas by en meng alles goed saam.  Vorm klein frikkadelletjies en braai in warm olie tot bruin en gaar.