Thursday 18 August 2011

Vrugte-en-neut-muesli






















Genoeg vir: 8

• 625 ml hawermout
• 125 ml semels
• 80 ml koringkiem
• 125 ml droë klapper
• 50 ml pampoenpitte

• 50 ml sonneblomsade
• 25 ml sesamsade
• 125 ml amandels, grofgekap
• 125 ml gekapte droëvrugte van jou keuse
• 250 ml sultanas
• 125 ml dadels, gekap
• 125 ml heuning
• 80 ml sonneblomolie
• 125 ml appelsap
1 Meng al die droë bestanddele, buiten die vrugte, in 'n groot bak.
2 Verhit die heuning, olie en appelsap saam tot die heuning gesmelt het en die mengsel warm is.
3 Gooi die heuningmengsel oor die droë bestanddele en roer tot al die bestanddele met heuning bedek is.
4 Sprei die mengsel op een of twee groot bakplate uit. Bak in 'n voorverhitte oond van 120 ºC vir 25 tot 35 minute of tot goudbruin. Roer die mengsel elke 10 minute terwyl dit bak. Haal uit die oond uit en laat eenkant afkoel.
5 Voeg die vrugte by en meng goed. Bêre in 'n lugdigte houer.
WENKE:

• Moenie die gou-gaar soort hawermout koop nie. Kry gewone hawermout of, as jy wil, soek organise hawermout by 'n gesondheidswinkel. Koringkiem en semels word by gesondheidswinkels verkoop, hoewel jy dit ook by die meeste supermarkte kan kry.
• Maak 'n gesonder weergawe deur die klapper uit te laat en meer semels en koringkiem by te voeg.
• Sprei die mengsel op die bakplaat egalig uit sodat die bestanddele bros en goudbruin raak. Moenie vergeet van die muesli in die oond nie, want jy moet dit 'n paar keer roer sodat dit egalig verbruin.
• Eksperimenteer met verskillende geure waarvan julle hou. Jy kan die sade uitlaat en meer neute en vrugte gebruik, of jy kan ontpitte en gekapte pruime of rosyntjies pleks van dadels gebruik.
• Kyk uit vir interessante droëvrugte-kombinasies by supermarkte of groentewinkels.
• Gebruik net een soort gedroogde vrug, soos piesangs, bosbessies of stervrugte, pleks van die gemengde droëvrugte.