Thursday 18 August 2011

VOLKORINGBESKUIT



















250 g margarien
375 ml laevet karringmelk
125 ml semels
800 ml volkoringmeel
125 ml All Bran vlokkies
125 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
5 ml sout
90 ml fruktose

Smelt margarien en voeg die karringmelk by.
Meng die droë bestanddele.
Roer melkmengsel by droë bestanddele. Meng om 'n sagte deeg te vorm.
Skep in 2 gesmeerde 1 liter broodpanne. Maak gelyk.
Bak teen 180C vir 50 minute. Laat afkoel.
Sny in beskuite. Droog teen 80C vir 8 uur of in lou oond.
Lewer ongeveer 50 beskuite.