Friday 26 August 2011

Groentetuin vir klein spasies

As jou tuin nie so baie spasie het vir 'n groentetuin nie, is hierdie 'n oulike idee wat jy dalk kan gebruik.  Dit kan maklik gemaak word van afval hout en jy kan die vorm wysig soos dit vir jou reg is. 

Oulike wenke / idees rondom hierdie houer is die feit dat jy maklik rotasie van plante kan doen elke seisoen. (Moenie elke jaar dieselfde groente op dieselfde plek plant nie.  Dit kan peste en plae laat posvat.)   Die grond kan maklik vervang word en jy het nie nodig om groot mate van onkruidbeheer toe te pas nie.  Dus minder tyd in die tuin, maar jy kan steeds spog met jou eie groente......of kruie.