Thursday 18 August 2011

Goedkoop tuin opknap

Hier is twee fototjies om te vergelyk.  Natuurlik wil ons almal die huis aan die regterkant hê, maar kostes is altyd 'n storie.  Wel hierdie prentjie wys juis vir ons dis nie nodig om 'n fortuin te spandeer om jou huis mooi te laat lyk van die straat af nie.  'n Bietjie verf en slegs 'n paar struike maak al 'n reuse verskil. 
Sit daarby 'n paar klippies of deklaag van boombas en 'n tuinpaadjie wat jy teen lae koste kan uitlê en jy het 'n pragtige prentjie. 
Die wonder van hierdie idee wat ek met julle deel is dat dit nie 'n ewigheid neem om te bereik nie.  Twee naweke later kan jou huis 'n 100% omwenteling ondergaan en dit gaan jou nie 'n jaar se salaris kos nie.
Ook 'n oulike lae onderhoud tuin idee.