Bestanddele:
•1kg meelblom
•10g kitsgis
•397g kondensmelk (1blik)
•30ml suiker
•5ml sout
•90g margarien
•500ml louwarm water
Metode:
1.Sif meelblom en sout.
2.Voeg gis en suiker by.
3.Smelt margarien en voeg kondensmelk by.
4.Voeg by meelblommengsel.
5.Voeg water geleidelik by om sagte deeg te vorm.
6.Knie goed vir 15 minute. Bedek en laat rys.
7.Wanneer deeg tot dubbel die grootte het, knie af en vorm in bolletjies.
8.Plaas in gesmeerde broodpan en laat in warm plek rys.
9.Wanneer grootte verdubbel het, verglans met geklitste eier en bak teen 200C vir 45 minute.
WENK: In 'n ander resep word 15ml melk en 150ml strooisuiker goed saam gemeng en oor die brood geverf, dit sal 'n soeter smaak gee.