Sunday, 3 July 2011

MELKKOS






















3 groot eiers
250ml koekmeel
750ml melk
2 – 3 kaneelstokkies
2.5ml sout


Klits die eiers en sout met ‘n vurk saam.  Voeg die koekmeel by en meng goed.  Voeg genoeg koue water by om ‘n stywe deeg te vorm.

Knie die deeg tot sag en elasties.  Rol dit tot omtrent 6mm dik uit op ‘n oppervlak waaroor jy liggies meel gestooi het.  Gebruik ‘n skerp mes en sny dit in dun repies.

Verhit die melk tot kookpunt.  Voeg die kaneelstokkies by.  Voeg die stukkies deeg by en laat prut vir 20 – 30 minute tot deurgaar. Strooi spesery-suiker bo-oor.


SPESERY-SUIKER

Meng 125ml wit- of bruinsuiker met 5ml fyn kaneel, 3 ml fyn wonderpeper en 1ml fyn kardemom.