500ml gaar, fyngedrukte botterskorsie
190ml suiker
2 groot eiers
250ml melk
5ml bakpoeier
5ml vanieljegeursel
40ml vlapoeier
20ml botter
1ml sout
fyn kaneel na smaak
Meng al die bestanddele tot glad. Gooi in ‘n gesmeerde tertpan. Bak in die oond teen 180ْC vir 30 minute of tot gestol.