Tuesday 14 June 2011

WILDSVLEISPOTJIE























Genoeg vir: 6-8 porsies
Marinade
• 1 ui, gekap
• 3 wortels, in skyfies gesny
• 2 selderystingels, gesny
• 4 vet knoffelhuisies, geskil
• 8-10 swartpeperkorrels
• 2 heel naeltjies


• 500 ml droë rooiwyn
• 250 ml olie
Potjie
• 30 ml olyfolie
• 125 g swoerdlose spek, gekap
• 2 kg wildsblad, senings verwyder, in 25 mm-blokkies gesaag
• 1 ui, gekap
• 30 ml koekmeel
• 100 g droëperskes, gekap
• 500 ml vleisaftreksel
• 30 ml suurlemoensap
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• pietersielie, vir garnering

1 Berei die marinade: Meng al die marinadebestanddele saam. Pak die vleis in 'n enkellaag in 'n geskikte bak (metaal, glas of plastiek) en gooi die marinade oor. Bedek met kleefplastiek en mariner oornag in die yskas. Dreineer en druk die vleis droog. Giet die marinade deur 'n sif, maar behou die groente.

2 Braai die spek bros in verhitte olyfolie in die potjie. Skep dit uit en hou eenkant. Braai die vleis bietjies op 'n slag oor hoë hitte tot goudbruin. Geur dit met sout en swartpeper en hou eenkant. Braai die ui tot sag.

3 Voeg nou die groente wat deel was van die marinade by en braai oor matige hitte tot sag. Roer die meel by die groente.

4 Voeg die spek en vleis by die groente in die pot. Voeg die droëperskes, verhitte aftreksel en suurlemoensap en 250 ml van die marinade (verhit) by. Sit die deksel op. Prut vir sowat 2-3 uur of tot die vleis sag is. Sprinkel gekapte pietersielie oor en sit voor met 'n potbrood.