Tuesday 14 June 2011

Rankplant kleur vir die somer tuin

Dis nou die ideale tyd gedurende die kouer maande om die strukture in jou tuin reg te kry vir rankplante.  Tuinsentrums het klaargemaakte produkte beskikbaar of jy kan eenvoudig ou vensterrame hergebruik en 'n oulike rankplant daarteen plant wat in die somer vir jou tuin tonne kleur kan gee.
Rankplante wat baie blomme verskaf:  Wisteria, Bougainvillea, Jasmyn (Star jasmine / Trachelospermum jasminoides) en dan is daar natuurlik die ou staatmaker vir 'n romantiese tuin - rose.