Tuesday 14 June 2011

LEKKER LEWERHAPPIES


















Bederf jou hond met ‘n paar lewerhappies

Genoeg vir 24 koekies

Benodig:
1kg lewer
3 groot eiers
1 teelepel vars knoffel
1 takkie pietersielie
1 takkie roosmaryn
600g meel
100g hawermount

Plaas die lewer, eiers, knoffel en kruie in ‘n menger en verpulp.

Sif die meel in ‘n groot bak en voeg die hawermout by.  Voeg die verpulpte lewermengsel by die droë bestanddele en meng saam.

Plaas die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak en sprei dit uit sodat dit nie dikker as 1 cm is nie.  Die ferm megsel ka nook in klein balletjies gerol word.

Bak in ‘n voorverhitte oond teen 225°C vir ‘n halfuur (indien balletjies verkort die baktyd na 15 – 20 minute) tot gaar.  Dit moet ‘n ferm en krakerige voorkoms hê.  Laat afkoel en sny in blokkies.

Bêre die happies in die yskas of vrieskas.