Tuesday 21 June 2011

KOEKBALLE
















Hierdie oulike idee het ek in 'n Huisgenoot gesien: 

Koekballe is n slim manier om van oorskietkoek en -versiersuiker ontslae te raak, en kids is mal daar oor.

Oorskiet koek
Oorskiet botterversiersel
Sosatie- of roomysstokkies
Gesmelte witsjokolade en koekkleurselpoeier

Krummel oorskietkoek en roer botterversiersel deur die krummels.
Rol mengsel in balletjies en laat rus sowat 1 uur, of tot ferm in die yskas.
Steek n stokkie in elke balletjie en doop balle in gesmelte sjokolade. Laat staan regop en laat sjokolade stol. Versier balle met verskillende kleure kleurselpoeier of gekleurde strooisuiker.