Friday 24 June 2011

Keeping the kids entertained indoors.

Die vakansie is hier en die winter weer ook, so hoe kan mens die kinders besig hou in die huis?  Hier is ‘n paar voorstelle:

  1. Natuurlik is ‘n DVD en springmielies die ideale winter vakansie tydverdryf.
  2. Koop ‘n pakkie kits kollewyntjies en gee hul verskeie opsies vir versiering of bak sommer ‘n plaatkoek, sny dit in blokkies en laat hulle dit versier. 
  3. Koop ‘n pakkie blaardeeg en voorsien daarmee saam koekie drukkers en ‘n koekrollerdit verskaf groot plesier.
  4. Maak jou eie goedkoop speel klei in verskillende kleure en laat hul ‘n dieretuin beplan en maak met verskillende diertjies daarin.
  5. Maak al die seeskulpies bymekaar wat rondlê en stof vergader en laat die kinders hul eie fotoraampies versier met die skulpies wat hul daarop plak.
  6. Haal weer die ou bordspeletjies uit en sit lekker snoepgoed vir die kinders (en ouer kinders) uit, om daarmee saam te geniet.
  7. Gee hul gesonde vars produkte en laat hul, hul eie toebroodjies maak (versier soos bv. op die fototjie hierbo van die apie-broodjie).
  8. Hou ‘n familie-chocolate-fondu-aand voor die kaggel.