Friday 24 June 2011

Kalanchoe (Flaming katy)

Kalanchoe blossfeldiana (Flaming Katy) is nou oral beskikbaar in die mooiste kleure.  Ideale plant vir binne die huis, maar kan ook na die blomtyd uitgeplant word in die tuin.  Hulle hou van baie lig tot volson en steggies kan in die lente gemaak word.
Wanneer jy ‘n plantjie koop, maak seker jy kies een met die helderste blaartjies wat sommer vars lyk en dat daar baie toe blomknoppies aan is wat nog moet oopgaan.  Die blommetjies hou vir weke aaneen en gee ‘n oorvloed kleur in die wintermaande.