Monday 27 June 2011

Italiaanse of Krulblaar pietersielie?

Ek het geen idee hoekom nie, maar pietersielie is vir my een van die mooiste kruietuin-plante wat daar seker is – dis nou spesifiek die krulblaar soort. 
Pietersielie plantjies maak baie oulike digte rand-plante in die tuin, benodig vol son en as jy gereeld oes, is dit raadsaam om gereeld nuwe plantjies te plant vir jou kruietuin. 
Hierdie gawe plantjie het baie voordele.  Bo en behalwe die feit dat hy ‘n groot bron van vitamiene C en yster is, is hierdie kruie ook ‘n natuurlike ontwateringsmiddel. 
Die verskil tussen italiaanse- en krulblaar-pietersielie:
Italiaanse pietersielie kan ryp weerstaan en raak ± 80 cm hoog.  Kan ‘n redelike lang kookproses weerstaan en steeds sy smaak/geur behou.
Krulblaar pietersielie raak ± 30 tot 60 cm hoog en word eerder vars aan die einde van die kookproses bygevoeg of daarna as garnering.
As jy pietersielie by jou rose in die tuin plant sal hul die plantluise van die rose af weg lok, maar dan moet jy dalk twee keer dink voor jy dit in jou kos gebruik…..en nog meer as daar troeteldiere in die tuin is…..