Tuesday 17 May 2011



















VERGIETTES WORD ‘N KERSKANDELAAR

Benodig

vergiettes
elektriese boor
3 mm-boorpunt
silwer ketting van 75 cm lank
'n verskeidenheid krale
gare waarop jy krale kan inryg
knyptang



1.    Verwyder die vergiettes se handvatsels deur versigtig in die plofklinknaels waarmee die handvatsels vasgeheg is, te boor.

2.    Boor agt gate wat ewe ver uitmekaar is al langs die rand van die vergiettes - dis waar jy die stringe krale gaan ophang.

3.     Boor nog drie gate, waar jy die ketting gaan ophang, ewe ver uitmekaar langs die vergiettes se rand.

4.    Ryg 'n verskeidenheid krale op agt stukke gare en maak elke string in een van die agt gate langs die vergiettesrand vas. Knoop die los punte van die stringe in die middelpunt onder die vergiettes aanmekaar vas sodat dit 'n tossel vorm wat hang.

5.    Meet en knip drie stukke silwer ketting van 25 cm elk af. Maak die skakels aan die punt van elke stuk oop met 'n knyptang, haak dit aan die vergiettes en maak die skakels weer toe. Maak die drie stukke ketting in die middelpunt bo die vergiettes aanmekaar vas