Tuesday 17 May 2011




















'n Ou of ongebruikte blikemmer kan in 'n japtrap 'n hemelse hangtuin word.
Boor gate in die bodem sodat dit goed kan dreineer of voer dit uit met tuingoiing as die bodem al 'n bietjie deurgeroes het. Boor gate deur die onderste rand en versier dit met krale wat aan draadjies geryg is. Plant plante wat oor die rand van die emmer kan hang, soos petunias, Plectranthus, impatiëns, gipskruid, aarbeie of fuchsias.