Wednesday, 25 May 2011

Namakwaland in jou tuin

Vanaf Augustus begin die velde hul eerste lente kleure wys in die Kaap, met plate Namakwalandse Madeliefies. Dis ongelooflik mooi.
Jy kan hul ook maklik in jou tuin saai. Hulle soek volson en kan gesaai word in die koue dele tot die laaste maand van herfs. In warmer dele kan hul vroeg winter ook nog gesaai word, so daar is nog oorgenoeg tyd.
Hulle neem omtrent so 3 maande voor hulle blom, maar maak ‘n pragtige skouspel van kleur in enige tuin as hul in groot hoeveelhede geplant word.