Springmieliebolle met Malvalekkers
Dié resep werk net soos die Rice Krispies-koekies, maar in plaas van pofrys gebruik jy springmielies.
Jy benodig
- 4 koppies gesnipperde malvalekkers
- 4 koppies springmielies
- 15 ml gesmelte margarien
Só maak jy
- Dinge raak morsig. Smelt die malvalekkers en 15 ml botter of margarien oor lae hitte tot glad. Verwyder dit van die hitte en roer die springmielies by. Hou aan roer tot die mielies goed bedek is.
- Bedaar net eers. Laat afkoel tot koud genoeg om met jou hande te hanteer.
- Bolle rol. Smeer ’n bietjie olie aan jou hande en vorm die mengsel in balle. Druk dit goed saam en laat heeltemal afkoel op ’n bakplaat of skinkbord (wat ook liggies gesmeer is).
- Kry ’n grip. Druk ’n stewige sosatiestok in elke bal.