Wednesday 8 June 2011

Winter onthaal idee

Is jy opsoek na ‘n gesellige en maklike winter onthaal idee, sonder om ure voor die stoof deur te bring?  Wel, wanneer laas het jy ‘n fondu-aandjie gehou saam met vriende - dis nou weer hoog mode.
Dis min werk, gesellig en die tafel lyk altyd ongelooflik met min moeite.  Om die perfekte aandjie te skep, maak seker jy het kerse in die vertrek en as jy ‘n kaggel het, is dit nou die tyd om hom aan te steek.
Gewoonlik werk mens so op maksimum 4 mense per fondu pot.  Sit alle eetgoed op mooi borde soos vir ‘n buffet en versprei dit so dat almal dit maklik kan bykom.
Jy kan ‘n Kaas fondu of vleis fondu as hoofgereg voorsit en dan as nagereg ‘n heerlike sjokolade fondu met vrugte soos piesang, pynappel, aarbeie en soet beskuitjies en marshmallows.
Vir ‘n kaas fondu word gewoonlik ‘n mengsel van Gruyere en Emmentaler kaas gebruik.  Indien jy vleis wil bedien, sal jy kyk na ‘n olie fondu (bv. canola olie) – maak seker alle vet is afgesny van die vleis en toets die olie met ‘n brood blokkie om te sien of dit warm genoeg is.
‘n Kaas fondu is ideaal vir vegetariers.  Jy kan selfs twee of drie verskillende opsies in jou onthaal area hê en gaste kan heen en weer beweeg na die potjie wat vir hul die lekkerste opsies bied.  So gesels en kuier almal saam.
En om jou winter onthaal af te rond, bedien jy na ete Gluweihn for die kaggel.  Wat kan dan nou meer gesellig wees???