Wednesday 1 June 2011

Winter Glühwein

1 bottel rooiwyn (750 ml)
30 ml brandewyn
1 k bruinsuiker
1 k water
1 lemoen, in dun skywe gesny
1 suurlemoen, in dun skywe gesny
Plus die sap van 2 lemoene
‘n kaneelstokkie of twee (volgens smaak)
2 naeltjies
2 k klaargemaakte rooibostee (2 teesakkies gemaak met 2 koppies water)

Plaas al die bestanddele saam in ‘n groot kastrol en roer oor ‘n lae hitte totdat die suiker opgelos het, maar dit moenie kook nie.  Bedien warm.