Thursday 4 June 2020

Wenke om vleis sag te maak


Soos ontvang van ons lede op FB:

Hierdie wenke het ons Facebook lede getoets en hulle se dit werk.  Probeer bietjie.

  • Varkvleis kan in Coke gemarineer word om dit heerlik sag te maak.  
  • Natuurlike jogurt is 'n vleissagmaakmiddel. Sit biefstuk of hoender in joghurt en los vir 8 ure in die yskas.
  • Suurlemoensap maak hoendervleis sag en sappig.  Gooi 'n koppie suurlemoensap oor die hoendervleis voordat dit gaargemaak word.
  • Om vleis sag te maak wanneer jy dit stowe, gooi 2 teelepels gemmer by.
  • Smeer asyn en sout aan vleis. Dit versag vleis en sal verhoed dat dit nie gou bederf nie.