Monday 8 June 2020

Tessie se Melktert resep - Lyk heerlik en maklik


Dit is HEERLIK ...maklik en maak baie vinnig.
Probeer gerus die resep.
Jy kry baie soorte Melktert korse.. hierdie een is as jy nie wil sukkel met skilferkorsdeeg nie.
Dit is net n smeerkors...maar HEERLIK.

Oond 180°C.
KORS
1 koppie meel
Kwart koppie suiker
125g margarien
1 eier
3 teelepels bakpoeier
Knippie sout
Klits die margarien en suiker saam tot Romerig..voeg dan eier by en klits tot gemeng. Voeg die meel..sout en bakpoeier saam en roer met lepel tot goed gemeng. As die deeg te styf is voeg klein bietjie melk by. Dit moet n smeerbare deeg wees. Smeer jou pan of panne met die deeg tot bo die rand.
VULSEL
Kook 1 liter melk.. 6 eetlepels suiker en 1 eetlepel margarien saam. Klits 2 eiergele saam n halwe koppie melk. Voeg dan 4 eetlepels mazeina en 2 eetlepels koekmeel daarby. Voeg by melkmengsel en roer aanhoudend om klonte te voorkom.
Klits eierwitte styf en laat staan eenkant.
Wanneer dit styf genoeg is.. haal van stoof af.. vou 1 eetlepel vanielje en styfgeklpte eierwitte daarin.
Gooi nou in tertkorse en bak tot rand van deeg bruin is.
Haal uit en strooi kaneel bo oor.
GENIET ELKE KRUMMELTJIE.
Fotos en resep Kokkedoor Tessie Els Kemp.