Monday 8 June 2020

Pampoenpoffertjies - Marinda Kook se heerlike winter resep


POFFERTJIEBESLAG:
·         750 ml gaar fyn pampoen
·         2 eiers
·         5 ml sout
·         500 ml bruismeel
·         15 ml bakpoeier
·         500 ml olie om die poffertjies in te braai.

STROOP:
·         500 ml suiker
·         250 ml water
·         125 ml melk
·         30 ml botter
·         sout
·         10 ml mielieblom/ mazina
 METODE:
Pampoenpoffers

1.      Meng die pampoen, suiker en sout saam.
2.      Meng die bruismeel en bakpoeier saam en roer dit by die pampoen.
3.      Skep lepels vol in die warm olie. Braai mooi bruin en laat  dit dreineer op kombuispapier.
Stroop
1.      Kook die suiker , water, melk botter en sout saam. Die suiker moet opgelos wees.
2.      Maak die mazina met n bietjie water aan en roer dit by die suikermengsel.
3.      Laat dit kook totdat die sous verdik.
4.      Gooi die warm sous oor die poffertjies.