Monday 8 June 2020

SA melktert wen resep


 
SARIE KOS het in 2009 SA se beste melktertresep gesoek. Dié wenvulsel was van Deona Tait.
genoeg vir 1 groot tert

1 x basiese blaardeeg (of 400 g-rol gekoopte blaardeeg)

Vulsel
40 g (75 ml) koekmeel
25 g (50 ml) mielieblom
1 ml sout
675 ml melk
2 eiergele, geskei
80 g (100 ml) suiker
5 ml amandelgeursel
1/2 ml kremetart
10 ml botter
2 stukke pypkaneel
5 ml fyn kaneel
Rol deeg uit tot 5 mm dik. Spuit ’n 25 cm-tertpan van metaal (outydse emaljebord werk lekker) met kleefwerende kossproei. Sny groot deegsirkel en voer die pan uit. Sny 1 cm strook van oorblywende deeg. Verf smal randjie water met kombuiskwas rondom rand van kors en plaas 1 cm deegstrook om tertpan. Verhit oond tot 260 °C.
Meng meel, mielieblom, sout en 125 ml melk tot gladde mengsel en hou eenkant. In aparte bak, meng eiergele, 75 ml suiker en geursel. Plaas eierwitte, kremetart en oorblywende 25 ml suiker in derde mengbak. Verhit oorblywende melk, botter en pypkaneel tot kookpunt in middelslag-pot. Voeg warm melk by die meel-en-melkmengsel en roer tot glad. Gooi terug in kastrol en plaas op plaat wat afgeskakel is. Roer die melkmengsel in die kastrol tot dit dik is. Gooi melkmengsel uit die kastrol terug in mengbak. Verwyder pypkaneel en laat afkoel tot louwarm. Roer die eiergeel-mengsel by. Klits eierwitmengsel tot sagte punte vorm en vou in. Gooi in uitgevoerde pan en strooi fyn kaneel oor. Bak vir 10 minute.
Verlaag temperatuur na 200 °C vir nog 10 minute. As dit te bruin word, plaas foelie bo-op. Sit louwarm voor.

Bron: Hierdie resep is deur baie mense al "geshare". Onder andere: Huiskos Cecilia se Reseptehoekie en Kaalvoet /Barefoot