Thursday 11 June 2020

LAMSVLEIS-EN-LENSIEKERRIE


Genoeg vir: 6-8Bereidingstyd: 30 minuteGaarmaaktyd: 2 uur
* 500 g rooi lensies, afgespoel
* 2 vars groen rissies, pitte verwyder en fyngekap
• 4 ml borrie
• 15 kerrieblare
• 60 ml sonneblomolie
• 2 groot uie, fyngekap
• 6 naeltjies
• 6 kardemompeule
• 1 kaneelstokkie
• 35 ml fyngedrukte knoffel
• 45 ml fyngerasperde vars gemmer
• 1 kg stowe-lamsvleis
• 3 tamaties, fyngekap
• 500 ml groente-aftreksel
• 15 ml tamarynsmeer
• 45 ml gekapte vars koljander
• 2 ml rissiepoeier
• 2-4 gedroogde rooi rissies, in stukke gebreek
• 2 knoffelhuisies, in skyfies gesny
• 5 ml komynsaad
• 2 ml mosterdsaad
* 2 ml garam masala

1. Gooi die lensies in ’n groot kastrol saam met 1,3 liter water, 5 ml sout, die rissies, borrie en helfte van die kerrieblare. Verhit dit tot kookpunt, verlaag dan die hitte en laat dit vir 10 minute met die deksel op prut.
2. Verhit solank die helfte van die olie in ’n aparte kastrol. Voeg die uie by en soteer dit vir drie minute. Voeg die naeltjies, kardemom, kaneel, die orige kerrieblare en die knoffel en gemmer by. Roerbraai dit oor matige hitte – voeg ’n bietjie water by as dit aan die bodem wil vassit.
3. Voeg die lamsvleis by en roer dit deur. Laat dit vir vyf minute kook, voeg die tamaties by en laat dit vir nog vyf minute prut. Voeg die gaar lensiemengsel en die aftreksel by en verhit dit tot kookpunt. Sit die deksel op en verlaag die hitte sodat dit vir 1½-2 uur kan prut tot die vleis sag is. Roer dan die tamaryn en vars koljander by en laat dit vir nog vyf minute kook.
4. Verhit die orige olie in ’n pan net voordat jy die kerrie wil voorsit, gooi die orige bestanddele in en soteer dit vir 1-2 minute tot dit geurig is. Skep dit oor die kerrie en sit dit voor met rys of naanbrood.

Bron:  Idees Tydskrif