Thursday 11 June 2020

Geure uit die Vallei se Lemoen en Sesamlaagkoek


Maak 1 dubbellaagkoek
3 koppies (750ml) Koekmeel
1 eetlepel (15ml) Bakpoeier
Gerasperde Skil van 3 Lemoene
226gr. Botter, kamertemperatuur
2 koppies (500ml) Witsuiker
4 Eiers
1 koppie (250ml) Vars Melk
¼ koppie (60ml) Lemoensap
1 eetlepel (15ml) Lemoenbloeisel-Water
3 eetlepels (45ml) Gemengde Sesamsade

Sesam-karamel:
¾ koppie (180ml) Witsuiker
2 eetlepels (30ml) Gemengde Sesamsade
Botterversiersel:
250gr. Versiersuiker, gesif
375gr. Botter, kamertemperatuur
1 teelepel (5ml) Vanieljegeursel
Metode:
Verhit jou oond tot 180°C.
Verroom die botter en die suiker in ‘n elektriese menger vir ‘n paar minute tot lig van kleur.
Voeg die eiers een vir een by gevolg deur die gerasperde lemoenskil.
Meng die koekmeel en die bakpoeier saam en hou eenkant.
Meng die melk, lemoenbloeisel-water en die lemoensap saam.
Voeg die meel en die melkmengsel om die beurt by tot jy ‘n gladde beslag het, maak seker jy skraap die kante en die bodem van die mengbak gedurende die proses om seker te maak al die bestanddele is ingemeng.
Roer die gemengde sesamsade by en verdeel die beslag tussen jou twee koekpanne wat jy uitgevoer het met bakpapier.
Bak die koek vir sowat 45 minute of tot gaar.
Verwyder die koeke uit die oond en laat hulle heeltemal afkoel terwl jy die botterversiersel maak.
Plaas die botter in die mengbak van jou elektriese menger en klits vir ‘n paar minute tot die botter lig van kleur is.
Sif die versiersuiker en voeg dit by die botter teen ‘n lae spoed, sodra al die versiersuiker ingemeng is kan jy die vanieljegeursel byvoeg.
Klits die versiersel teen ‘n hoë spoed vir ‘n paar minute tot lig van kleur en donserig.
Plaas een van die koeke op jou opdien bord en sny die bokant gelyk indien nodig. Smeer die helfte van die botterversiersel oor die hele oppervlakte van die koek.
Plaas die ander koek bo-op en sny die bokant gelyk indien nodig.
Smeer die laaste van die botterversiersel bo-op.
Begin om die karamel te maak deur die suiker in ‘n klein kastrol of pan te smelt oor medium-hoë hitte.
Terwyl die suiker smelt kan jy solank ‘n vel bakpapier op jou werksoppervlak neerlê.
Sodra die karamel begin verkleur kan jy dit versigtig op die bakpapier gooi en dadelik die sesamsade bo-oor sprinkel. Laat die karamel afkoel voordat jy dit in kleiner stukkies breek.
Versier die koek met die karamel.

Orange & Sesame Layer Cake
Makes 1 double layer cake
3 cups (750ml) Cake Flour
1 tablespoon (15ml) Baking Powder
Zest of 3 Oranges, finely grated
226gr. Butter, room temperature
2 cups (500ml) White Sugar
4 Eggs
1 cup (250ml) Fresh Milk
¼ cup (60ml) Orange Juice
1 tablespoon (15ml) Orange Blossom Water, optional
3 tablespoons (45ml) Mixed Sesame Seeds
Sesame Caramel:
¾ cup (180ml) White Sugar
2 tablespoons (30ml) Mixed Sesame Seeds
Icing:
250gr. Icing Sugar, sifted
375gr. Butter, room temperature
1 teaspoon (5ml) Vanilla Essence or Orange Blossom Water
Method:
Preheat your oven to 180°C.
Cream the butter and the sugar together for a few minutes until it is light in colour, about 3 minutes.
Start adding the eggs one at a time and mix well before adding the next egg.
Add the grated orange zest to the mixing bowl and mix for a few seconds.
Stir the milk, orange juice and vanilla essence or orange blossom water together in a measuring jug.
Mix together the cake flour and the baking powder before adding a few tablespoons at a time to your mixing bowl and alternating with your milk mixture.
Mix until you have a smooth batter; make sure to scrape the side and base of your mixing bowl at least once during the mixing process.
Stir the mixed sesame seeds into the batter before dividing the batter between your two cake tins, lined with baking paper.
Bake the cake for 45 minutes or until cooked.
Remove the cakes and allow them to cool. In the mean-time you can prepare the icing.
Place the butter into the bowl of your electrical mixer, fitted with the paddle attachment and mix for a few minutes until the butter is pale in colour.
Sift the icing sugar and add it to the butter in the mixing bowl, together with the grated orange zest.
Mix for another few minutes until your icing is light in colour and well aerated.
Place one of the cakes onto your cake stand and level the top.
Spread halve of the butter icing over the surface of the cake before stacking the second cake on top.
Level the cake in the same manner as before if necessary and use the remaining butter icing to spread over the top layer.
Make the caramel by gently melting the sugar in a saucepan over medium-high heat for a few minutes.
You want a light golden colour on the caramel, the darker the colour the more bitter it will be.
While you are waiting for the caramel to melt you can place a sheet of baking paper onto your work surface.
Pour the caramel onto the baking paper and immediately scatter the sesame seeds over the soft caramel. Allow the caramel to cool completely before breaking it into smaller pieces.
Decorate the cake pieces of the caramel, fresh berries or flowers.