Wednesday 3 June 2020

Laat jou huis gou-gou lekker ruik

Hier is 'n paar vinnige wenke vir reuke in die huis (soos deur ons Facebook lede bevestig dat dit werk):


  • Klere versagmiddel (ons mag nie adverteer nie, maar julle weer waarvan ons praat) - sit die sakkie in jou venster waar die son in skyn.
  • Jy kan ook klere versagmiddel aanmaak met water en dit in 'n spuitbottel gooi en gebruik soos nodig.
  • Sprinkel koeksoda op matrasse, banke en matte.
  • Koeksoda neem ook reuke uit jou yskas weg en asblik.
  • Jy kry gegeurde sakke vir jou asblik (ruik soos appels of lavender).
  • Maak potpouri met die roosblare uit jou tuin en geur dit met "essential oil" van jou keuse.
  • Daar is opwasmiddels / skoonmaak middels / "gel" wat 'n heerlike reuk het.  Gebruik om jou kombuiskaste of katsandbakke hiermee af te vee.