Wednesday 3 June 2020

Droog kruie uit jou tuin

Dalk het jy roosmaryn in jou tuin of tiemie en jy het geen idee hoe om dit te droog of te spaar vir die dae vorentoe nie. 
Wel hierdie foto van Cape Garden het my weer laat besef hoe maklik dit is.  Hang net jou kruie op om te droog.  Hierdie hanger is 'n baie oulike idee, maar jy kan 'n gewone draad hanger ook gebruik en jou kruie net daaraan vas maak.  Of bind 'n bondeltjie met tou vas en hang dit op 'n plekkie waar die vliee nie gaan kom kuier nie.