Thursday 4 June 2020

Het jy geweet: Oorskiet seep

Nuttige wenke met oorskiet stukkies badkamer seep:


  • Sit die seep stukkies in jou kaste om vismotte weg te hou.  (Knoop dit in 'n ou sokkie toe.  Maar die materiaal moet lig genoeg wees om die reuk deur te laat.)
  • Gooi die stukkies seep in 'n ou sykous en hang dit op aan die buite kraan.  Dis ideaal vir handewas na tuinwerk of selfs daar waar manlief in die motorhuis werk.
  • Smelt dit oor matige hitte en gooi klein bietjie water by.  Gooi dan in vormpies en laat afkoel.  Siedaar jy het weer mooi gevormde sepies wat jy kan gebruik... (om in jou kaste te sit vir vismotte of vir handewas by die buitekraan of sommer vir versiering in jou badkamer in 'n glaspot.)