Tuesday 9 June 2020

Broodkrummel poeding


Oond op 180°C
2 Koppies vars broodkrummels
4 koppies warm melk
2 Eiers
Half koppie suiker
Kwart koppie gesmelte botter
1 Teelepel vanilla


METODE:
Gooi die warm melk oor die broodkrummels en laat eenkant staan sodat die melk in die krummels kan intrek.
Klits die eiers en voeg die suiker geleidelik by.
Voeg die botter en vanilla by en meng goed.
Voeg hierdie mengsel by die broodkrummels en gooi dan in ‘n gesmeerde oondbak.
Bak vir 45 minute
Bedien saam met styfgeklitste room en ‘n skeppie appelkooskonfyt

Bron:  Muriel Hulshof and Elsa shared on FB
Reposting source Kaalvoet/Barefoot Chef