Thursday, 20 September 2018

Tamatie Spaghetti



JoLinda Van Vuuren
Tamatie Spaghetti
25groot tamaties
5 groot uie
2.5ml gerookte paprika
2.5ml rooi peper
2.5ml fyn naeltjies
5ml fyn neut
30ml sout
250ml appelkooskonfyt
250ml suiker
180ml asyn
500g pak spaghetti
Trek die tamatie se skille af - gooi eers bietjie kookwater oor dan kom skille maklik af
Skil die uie af
Dan maak Ek my tamatie en uie fyn
Gooi nou alles in lekker groot pot behalwe die asyn en spaghetti
Kook totdat die ui en tamatie gaar is.
Kook die pasta gaar. Ek breek eers my spaghetti in 3 voor Ek dit kook.
Gooi die gaar spaghetti en asyn by tamatiemengsel en kook nog so 15min
Bottel warm in gesteriliseerde bottels
Laat die bottels so 5min onderstebo staan.
Resep kry so 6 mayonnaise grootte bottels.
Geniet!