Biltong broodjies
Hierdie resep gaan die hoeveelhede afhang van hoeveel jy wil maak en hoeveel blokkies jy uit die brood sny.
Snye brood - korsies afgesny
Botter
Bovril
Smeer kaas - geur van keuse
Fyn biltong
Smeer die brood met botter en bovril
Plak 2 snye opmekaar
Smeer die buitekante van die brood met smeer kaas
Druk die brood in die fyn biltong.
Sny in blokkies - Ek sny so 8 blokkies- en maak seker Daar is biltong reg rondom.