Tuesday 14 August 2018

Kaas-en-spek-broodkoek



Kaas-en-spek-broodkoek
1 groot koek
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
2 50 g (1 pak) streepspek, in blokkies gesny
10 ml (2 t) gedroogde pietersielie
5 ml (1 t) gedroogde gemengde kruie
6 eiers
knypie swartpeper
1 750 ml (7 k) , in blokkies gesny
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
250 ml (1 k) mozzarellakaas
312 ml (1 ¼ k) volroommelk
Metode
Stel oond op 180 °C.
1.Verhit olie en braai uie effens. Roer spek, pietersielie en kruie by en braai tot spek gaar is. Laat afkoel.
2.Klits eiers. Voeg eiers en oorblywende bestanddele by spekmengsel. Roer tot gemeng, maar nie te veel nie. Laat vir ongeveer 15 minute staan om vloeistof te absorbeer.
3.Spuit losboomkoekpan (22 cmdeursnee) met kossproei en giet mengsel daarin. Sprinkel nog kaas oor indien verkies.
4.Bak vir 25 tot 30 minute of tot in middel gestol. Sit louwarm of teen kamertemperatuur voor.