Wednesday, 8 August 2018

Brood-en-tuna-tert



Brood-en-tuna-tert
LEWER 1 TERT VAN 20 CM
Bereiding: 15 minute
Baktyd: 40 minute
2 blikkies (170 g elk) tuna in pekelwater, gedreineer
1 rooi-ui, gekap
5 agurkies, gekap
12-15 babatamaties
300 g cheddarkaas, gerasper
3 eiers, geklits
500 ml (2 k) melk
7 snye witbrood, korsies verwyder
sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak van 20 cm.
1. Meng die tuna, ui, agurkies, tamaties, cheddarkaas en eiers.
2. Verhit die melk en giet oor die snye brood. Geur met sout en peper. Meng goed.
3. Voeg by die tunamengsel. Meng goed en giet in die gesmeerde oondbak.
4. Bak 45 minute of tot goudkleurig en gestol.
WENK
Vervang die cheddarkaas met fetakaas en 250 ml van die melk met gladde maaskaas – dit sal die maaltyd meer vullend maak.