Friday 6 July 2018

Meimoena se biryani



Meimoena se biryani
Bestanddele
1 kg lam- of skaapskenkels
olie
500 g langkorrel rys, halfgaar
1 koppie lensies, gaar gekook
½ kg aartappels, geskil en in die helfte gesny
botter
500 ml karringmelk
Marinade
2 teelepels gemmer
2 teelepels knoffel
sout
3 stokkies pypkaneel
5 kardemomsade
2 brandrissies, gekap
1 teelepel borrie
1 teelepel masala
3 eetlepels breyani masala
5 safraandrade
Metode
Meng al die bestanddele van die marinade.
Smeer die vleis met die marinade.
Voeg die karringmelk by.
Braai die vleis in olie tot halfpad gaar.
Pak die volgende lae in 'n groot kastrol waarvan die bodem met foelie uitgevoer is:
- aartappels
- helfte van die rys
- helfte van die lensies
- helfte van die vleis
- rys
- stip die rys met botterklontjies
Herhaal die lae, en eindig met 'n bietjie ry.
Stip die rys met botter.
Plaas die deksel op, en prut stadig vir 45 minute.
Sodra die botter bo-op smelt, is die kos gaar.
(RSG)