Friday 6 July 2018

Alba se stywelynsop



Alba se stywelynsop
Bestanddele
500 g pasta
1 ui, gekap
1 koppie room
750 ml melk
2 blikkies tuna, gedreineer en gevlok
1 blikkie gerookte mossels, gedreineer
1 blikkie gerookte oesters, gedreineer
1 pakkie hoenderroomsop
Metode
Kook die pasta gaar.
Soteer die ui in olie.
Voeg die room en melk by.
Bring tot kookpunt.
Voeg die pasta, tuna, mossels en oesters by.
Prut vir 3 minute.
Maak 'n pasta van die roomsop met 'n bietjie melk.
Voeg dit by die mengsel en roer.
(RSG)