Thursday 28 June 2018

Eggs Benedict



Eggs Benedict.
3 Engelse Muffins Deurgesny en gerooster
6 Dik skywe ham bruingebraai.
6 Geposjeerde eiers nog effens sag
Hollandaise Sous
Swart Peper
Flatervrye geposjeerde eiers
Wat jy nodig het:
•kleefplastiek
•1 eier
•’n koppie
Só maak jy:
1.Plaas ’n vel kleefplastiek oor die koppie en druk dit plat sodat dit ’n holte vir die eier vorm.
2.Breek die eier in die koppie en draai dan die kleefplastiek bo toe. Laat ’n bietjie lug in die sakkie sodat die eier kan uitsit.
3.Laat sak die sakkie in ’n pot met kokende water en kook vir sowat 7 minute, afhangend van hoe jy jou eiers verkies.
4.Verwyder die sakkie en laat dit effens afkoel voordat jy die eier uithaal.

HOLLANDAISE SOUS
3 eiergele
25ml suurlemoensap
100g sagte botter
25ml warm water
2ml sout
2ml peper
Metode:
Meng die eiergele en die suurlemoensap, botter, water, sout en peper. Verhit die mengsel sowat 5min lank in 'n dubbelkoker of oor warm water tot dit effens verdik. Laat effens afkoel.