Thursday 28 June 2018

SJOKOLADE RISSIEKOEK SONDER MEEL



SJOKOLADE RISSIEKOEK SONDER MEEL
200 g donker sjokolade gekap
150 g botter
125 ml strooisuiker
5 eiers, geskei
100g gemaalde amandels
10 ml rissiepoeier (opsioneel)
50 g amandel splinters, fyn gekap
versiersuiker en aarbeie vir versiering
Verhit die oond tot 180C en berei 'n 20 cm losboompan voor met bakpaier en kleefwerende kossproei. Smelt die sjokolade en botter oor baie lae hitte. Gebruik'n elektrisie klitser en klits die eiergele en 80 ml van die strooisuiker saam vir 10 minute tot dit liggeel en dik is. Dit sal 'n lint vorm wanneer jy die klitser uitlig. Vou versigtig die gemaalde amandels, amandelsplinters en rissiepoeier by die eiergeel en sorg dat dit goed gemeng is. Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium, voeg die res van die strooisuiker by en klits weer tot blink en styf. Voeg die sjokolademengsel by die eiergeelmengsel en vou versigtig in. Vou die eierwit baie versigtig bu tot goed deurgemeng is. Skep in die voorbereide pan en bak vir 45 - 50 minute. Toets met 'n toetspen of sosatiestokkie. Die koek sal gaar wees, maar effens klam aan die binnekant. Laat goed afkoel, sif versiersuiker oor en bedien met vars aarbeie.
Lewer 8 posies