Tuesday 29 May 2018

ROMERIGE PREGOSOUS



ROMERIGE PREGOSOUS

Hierdie romerige sous het ’n effense byt en sal gou ’n gunsteling onder die grootmense raak.
Jy benodig
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 eetlepels botter
• 4 tiemietakkies of ½ t. gedroogde tiemie
• 1 teelepel sout
• 1 eetlepel tamatiepasta
• 1 teelepel rooipeper (of minder indien verkies)
• ½ koppie room

  Só maak jy
1. Soteer die ui en knoffel vir 10 minute in ’n klein potjie in die botter tot sag en deurskynend. Versigtig, dit moenie bruin wees nie.
2. Stroop die tiemie se blaartjies van die takkies af en geur die uie daarmee. Roer ook die sout, tamatiepasta, rooipeper en room daarby in.
3. Pols die sous net so in die potjie met ’n handvoedselverwerker tot glad. Laat dit vir drie minute prut en sit dit dadelik voor saam met ’n lekker stuk steak, of gebraaide hoenderfilette op ’n vars broodrolletjie. Die sous kan bedek vir vyf dae in ’n koue yskas hou.
(Weg)