Tuesday, 29 May 2018
PAMPOEN TERT
PAMPOEN TERT
125 g sagte botter
200 ml suiker
3 eiers
10 ml vanieljegeursel
3 k pampoen,
geskil en grof gerasper
250 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
kaneelsuiker vir oorsprinkel
Voorverhit die oond tot 180 C. Smeer ’n 25 cm-tertbord met botter.
Room die botter en suiker en voeg die eiers een vir een by. Klits tot goed gemeng.
Voeg die vanieljegeursel en pampoen by en meng goed.
Sif al die droë bestanddele behalwe die kaneelsuiker saam en vou by die pampoenmengsel in.
Giet in die tertbord en bak 35-40 min of tot gaar.
Sprinkel kaneelsuiker oor en laat vir 15 min staan voor opdiening.