Tuesday 15 May 2018

LUI HUISVROU GROENTE SOP



LUI HUISVROU GROENTE SOP (Penny van Niekerk)
Ek was nou baie lus vir sop met die koue reën weer hier by ons en toe binne 5 min die sop gemaak! Baie lekker!
1 pakkie smash 104 gr
800 ml kookwater
Klontjie botter
250 ml fyngekapte gemengde groente
Sout en peper en enige kruie of speserye van jou smaak.
Ek het ‘n halwe teelepel kerrie poeier en 1 eetlepel tamatiesous gebruik.
Groente: Rou of gaar.
Ek het rou gebruik, die volgende mengsel; gerasperde wortel, spinasie, ui, redpepper, brokkolie en mielies.
Indien gaar groente verkies word, stoom groente eers tot sag.
Jy kan gaar bacon of enige ander gaar vleis ook bymeng, heel laaste.
Meng kookwater met Smash en roer tot egalig. Indien jy ‘n dunner sop verkies meng meer water by. Geur Smash met botter, sout, peper en speserye.
Meng nou groentes by (en vleis indien verkies) en bedien dadelik!
Vir ‘n meer romerige sop, kan water met melk vervang word.
Ideaal vir werkende mense wat saans na werk lus is vir sop, maar nie die tyd het nie.